InterCity brei uit na SA, Botswana is volgende
Die Namibiese saamry- en pakkieafleweringsplatform InterCity het sy toep amptelik in Suid-Afrika bekendgestel. In die beginfase beoog InterCity om reisigers tussen Gauteng en Limpopo te teiken. Die voorsitter en medestigter van InterCity Namibia, Tomas Aipanda, sê die maatskappy wil hom vestig as ‘n toonaangewende vervoer- en logistieke tegnologiemaatskappy in Suider-Afrika. Hulle is ook in ‘n gevorderde stadium om bedrywighede in Botswana te begin. InterCity het ritte ter waarde van meer as 10 miljoen Namibiese dollar in vyf jaar gefasiliteer en het ‘n gebruikersbasis van 36 000 individue en meer as 50 000 reise.
Leave a Reply