IPL-oorwinnings vir Gujarat Titans, Delhi Capitals
Krieket: Die Gujarat Titans het Sondagmiddag hul Indiese Premierliga-wedstryd teen die Sunrisers Hyderabad in Ahmedabad met sewe paaltjies gewen. Die Titans het net 19 boulbeurte en een bal nodig gehad om 168 vir drie te behaal, in antwoord op die Sunrisers se 162 vir agt in hul 20 boulbeurte. In gister se ander wedstryd in Visakhapatnam het die Delhi Capitals met 191 vir vyf hulle eerste oorwinning van die toernooi behaal toe hulle die Chennai Super Kings met 20 lopies verslaan het. Dit was die Super Kings se eerste nederlaag in vanjaar se toernooi.
Leave a Reply