IPPR stel begrotingsoorsig bekend
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het sy begrotingsoorsig bekend gemaak. Die terugkeer na bestendige ekonomiese groei en groei in inkomste het die minister ruimte gegee maar, die herstel sal nie voldoende wees om die land se hoë werkloosheidsyfer, wat sedert 2018 nie gemeet is nie, aan te spreek nie. Met die verkiesing wat kom is die begroting ook beperk. Die instituut sê die minister het geen besonderhede gegee oor vordering met die hervorming van Psemas, wat 3 miljard Namibiese dollar jaarliks kos, nie. Kommerwekkend is ‘n beduidende 1,4 miljard dollar aan ‘n reeks openbare ondernemings verskaf om hul belastingverpligtinge te vereffen.
Leave a Reply