Iran hang 9 dwelmsmokkelaars
Iran het die afgelope dae nege veroordeelde dwelmsmokkelaars gehang. Volgens die staatsmedia is drie tereggestel by ʼn gevangenis in die noordwestelike provinsie, Ardabil, op aanklagte van die koop en vervoer van heroïen en opium. Die ander ses is afsonderlik gehang vir die handeldryf in metamfetamien, heroïen en dagga. Iran lê op ʼn belangrike opiumsmokkelroete tussen Afghanistan en Europa en het een van die grootste binnelandse gebruik van opiate. Syfers uitgereik deur die Kantoor vir Dwelms en Misdaad van die Verenigde Nasies laat blyk 2,8 miljoen mense in Iran het ʼn dwelmprobleem.
Leave a Reply