Iranse Pres. Raisi besoek Zimbabwe
Die Iranse President Ebrahim Raisi het in Zimbabwe aangekom. Raisi is op ‘n ampsbesoek aan Afrika in ‘n poging om bande met die vasteland te versterk. Hy het vroeër Kenia en Uganda besoek. Raisi sal na verwagting handels- en beleggingsgeleenthede met die Zimbabwiese President Emmerson Mnangagwa, bespreek. Vroeër die week in Kenia het Raisi bilaterale handelsooreenkomste met President William Ruto in Nairobi onderteken. Hy het ook in Uganda onderneem om beleggings- en politieke verhoudinge met Kampala uit te brei. Iran is onder dié lande wat onlangs aangedui het dat hy by die Brics-groep sou wou aansluit.
Leave a Reply