Is Namibië ontwikkeld as mense nie toiletgeriewe het nie?
Leier van die amptelike opposisieparty PDM, McHenry Venaani het die kwessie van openbare ontlasting in die land na die parlement geneem. Minder as die helfte van die land se 2,5 miljoen burgers gebruik fasiliteite wat afval veilig skei van menslike kontak, terwyl sowat 5 persent onvoldoende fasiliteite soos oop putte, emmers en hangende latrines gebruik. Venaani is deur LPM-parlementslid Henny Seibeb gesteun en gesê mens moet jou afvra of Namibië ‘n ontwikkelde land is.
Arbeidsminister Utoni Nujoma het geantwoord en sê die rede hoekom toilette nie gebou word nie, is omdat mense lui is.
Leave a Reply