Israel bombardeer suide van Beiroet
Libanon se eerste minister, Najib Mikati, het Israel beskuldig van die verwerping van ‘n wapenstilstand, nadat die Israelse weermag die Hezbollah-vesting in die suide van Beiroet hierdie week vir die eerste keer gebombardeer het. Minstens tien aanvalle het die suidelike voorstede voor dagbreek getref nadat die Israeliese weermag ontruimingswaarskuwings uitgereik het. Die aanvalle het gebeur ‘n dag nadat die Israelse premier, Benjamin Netanyahu, met Amerikaanse amptenare ‘n moontlike ooreenkoms bespreek het om die oorlog in Libanon te beëindig voor die Amerikaanse presidentsverkiesing Dinsdag.