Israel is nie apartheid SA, sê ACDP
Die African Christian Democratic Party het die uitspraak van die Anglikaanse Kerk van Suider-Afrika om Israel as ‘n Apartheidstaat te bestempel, sterk veroordeel. Die partyleier, Kenneth Meshoe, het sy teleurstelling uitgespreek en voer aan dit bevraagteken aartsbiskop Thabo Mokgoba se objektiwiteit as bemiddelaar in die Israeli/Palestynse konflik. Meshoe voer aan sulke etikette is onakkuraat, kwaadwillig en kan die vooruitsigte van vrede in die Midde-Ooste benadeel. Hy sê om Israel met apartheid Suid-Afrika te vergelyk is ʼn mistasting en tas die lyding van die werklike apartheidsera aan.
Leave a Reply