Israel ‘moet Palestynse burgerlikes beskerm’
Israel staar toenemende Amerikaanse oproepe in die gesig om verdere skade aan Palestynse burgerlikes te vermy in sy stryd teen Hamas-militante in Gaza. Die strydende partye toon tans geen teken om hul ineengestorte wapenstilstand te laat herleef nie. Amerikaanse visepresident Kamala Harris sê te veel onskuldige Palestyne is in Gaza vermoor, en die Amerikaanse minister van verdediging, Lloyd Austin, beskou dit as ‘n “morele verantwoordelikheid” vir Israel om burgerlikes te beskerm. Harris sê Israel het die reg om homself te verdedig, maar internasionale en humanitêre reg moet ook gerespekteer word.
Leave a Reply