Israel sê SA se volksmoord-aansoek is ongegrond
Israel verwerp Suid-Afrika se saak van volksmoord teen die land voor die Internasionale Geregshof in Den Haag in Nederland en beskryf dit as ongegrond, terwyl hy die regering daarvan beskuldig dat hy dekking bied vir die terroriste-organisasie, Hamas. Israel se woordvoerder vir Buitelandse Sake, Lior Haiat, beskryf die saak as een van die grootste vertonings van skynheiligheid en verwys na Suid-Afrika se regspan as verteenwoordigers van Hamas. Hy beweer hulle ignoreer Hamas se vergrype op 7 Oktober. Israel sal sy mondelingse betoë vandag lewer.
Leave a Reply