Aktivis: Jeug het geen rede om Internasionale Jeugdag te vier
Internasionale Jeugdag word môre gevier om jeugkwessies onder die aandag van die internasionale gemeenskap te bring. Internasionale Jeugdag is in 1999 vir die eerste keer deur die VN se Algemene Vergadering op 12 Augustus herdenk. Dit dien as ‘n jaarlikse viering van die rol van jong vroue en mans as noodsaaklike vennote in verandering, en ‘n geleentheid om bewustheid te kweek van uitdagings wat die wêreld se jeug in die gesig staar. Aktivis Simon Amunime het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en gesê hy wens die jeug wil hierdie dag met glimlagte vier, maar hul uitdagings is net te veel…
Leave a Reply