Jeugraad is duplisering van Jeugdiens, en mors geld
Sharonice Busch, uitvoerende voorsitter van die Nasionale Jeugraad, het wat sy noem wangedrag deur die raad se direkteur, Calista Schwartz-Gowases, veroordeel. Schwartz-Gowases het na bewering probeer om ‘n verteenwoordiger van die PDM aan te rand tydens ‘n Jeugraad vergadering Sondag op Ondangwa. Die vergadering, wat byeengeroep is teen ‘n koste van sowat 900 000 Namibiese dollar, is toe verdaag sonder dat ‘n enkele item op die agenda bespreek is. Kosmos 94.1 Nuus het met die PDM-parlementslid Maximalliant Katjimune gepraat, wat sê dat hy al voorheen ‘n mosie in die parlement ter tafel gelê het dat die Jeugraad en die Nasionale Jeugdiens saamgevoeg word, maar sy mosie is geblok. Katjimune sê die samesmelting van die twee is belangrik, want hulle is letterlik ‘n duplisering van mekaar en ‘n verkwisting van geld.
Leave a Reply