Jeugstigting skenk groot
Die Rob Jeugstigting gaan Donderdag toiletware en voedsel-items aan leerders met gestremdhede by die Leevi Hakusembe Sekondêre skool in Kavango-Wes oorhandig. Die stigting is in 2019 op die been gebring om eksklusief sosiale en ekonomiese uitdagings aan te spreek wat die jeug in die gesig staar. Die organisasie werk met die onderwys-ministerie saam. Die stigter, Robert Maseka, het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik wat hulle doen.
Leave a Reply