J&J in die sop oor koste van TB pille
Die Mededingingskommissie in Suid-Afrika ondersoek die farmaseutiese reus Johnson en Johnson oor bewerings dat hulle Suid-Afrikaners buitensporige pryse vra vir die tuberkulose-middel, bedaquiline. Klagtes van gesondheidsaktiviste dui daarop die regering betaal meer as twee keer soveel as ander middel- en lae-inkomstelande vir dié middel. Die huidige koste beloop 5 400 Suid-Afrikaanse rand per pasiënt vir ‘n kursus van ses maande, maar ‘n nuwe ooreenkoms verhoog dit volgende maand tot 5 500 rand per pasiënt. Intussen onderhandel die Departement van Gesondheid vir prysverlagings voor nuwe kontrakte onderteken word om meer billike pryse te verseker.
Leave a Reply