Job weier blykbaar ACC-samewerking oor Itah
Berigte lui dat die leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda, weier om sy samewerking aan die Teenkorrupsie-kommissie, in verband met sy aantygings teen die hoër onderwysminister te gee. Amupanda beweer dat die minister, Itah Kandjii-Murangi, 1,5 miljoen Namibiese dollar se reiskoste van drie staatsinstellings – die Namibië Opleidings-owerheid, Nust en Unam, asook geld van Unesco, geëis het. Paulus Noa, die direkteur-generaal van die kommissie sê ‘n dossier kan nie op aantygings op sosiale media geopen word nie. ‘n Formele klag en verklaring is nodig. Amupanda is die afgelope tyd bedrywig met aantygings op sy sosiale media platforms, veral na hy sy kandidaatskap vir president in volgende jaar se verkiesings aangekondig het.
Leave a Reply