Johannesburg kry taktiese reaksie-eenheid
Die Stad Johannesburg stel sy taktiese reaksie-eenheid op 10 November bekend in ‘n poging om hoë misdaadvlakke te bekamp. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir openbare veiligheid, Mgcini Tshwaku, sê die eenheid, bestaande uit 389 individue, sal toegespits wees om onwettige vuurwapens terug te vind, onwettige mynbou te bekamp, die gebruik van en handel in dwelms te beveg, en gekaapte geboue terug te neem. Tshwaku sê die eenheid sal die streng toepassing van regulasies in die stad verseker.
Leave a Reply