‘Jon Jon’ slaan Mubarak uit vir WBO Afrika-titel
Boks: Namibië se Paulinus “Jon Jon” Ndjolonimus het sy WBO Afrika-supermiddelgewig-titel behou teen Ghana se Abubakar Mubarak, met ‘n uitklophou in die negende ronde. Dit was Mubarak se eerste verlies van sy professionele loopbaan. Die geveg was die hoogtepunt van die MTC Nestor Sunshine Tobias Boxing & Fitness Academy se Jou Stem Tel Boks Bonanza in die hoofstad. In die hoof-voorgeveg het Matheus “The Beast” Heita sy onoorwonne rekord behou en die WBO Afrika-veergewigtitel verower, toe Zimbabwe se Tatenda Biningu ná vyf voltooide rondes nie kon voortgaan nie.