Jongste drie jagluiperd-welpies in Indië het baie goeie kans
Nog drie jagluiperd-welpies is gebore by die Kuno Palpur Nasionale Park in Madhya Pradesh, Indië, in die land se voortgesette jagluiperd-herstelplan, wat broodnodige vreugde vir die projek bring. ’n Week gelede het Asha, een van die jagluiperds wat uit Namibië afkomstig is, geboorte gegee aan drie welpies. Die goeie nuus is dat dit wil voorkom asof Asha haar siklus aangepas het omdat jagluiperds tradisioneel net voor die winter geboorte gee wat die kanse vir oorlewing vir die welpies baie verbeter. Verlede Maart, Afrika se herfs het Siyaya geboorte geskenk aan vier welpies maar drie is vrek as gevolg van honger, aangedryf deur die ekstreme hitte in die gebied. Kenners is dit eens dat die welpies, wat reeds op 3 Januarie ontdek is, ‘n baie beter kans het om te oorleef.
Leave a Reply