Julius vaar uit oor zama zama-bendes
Die leier van die EFF, Julius Malema, vra die Suid-Afrikaanse Polisiediens om vuur met vuur te beantwoord wanneer hulle te doen het met onwettige mynwerkers wat gemeenskappe terroriseer. Daar is verskeie skietvoorvalle in Gauteng tussen vyandelike zama zama-bendes met inwoners wat die strate invaar en vra vir regerings-ingryping. Malema het in Johannesburg aan die media gesê enigeen wat ʼn vuurwapen op die regering rig, verklaar oorlog.
Leave a Reply