Junior mans krieketspan begin opwarm vir 0-19 Wêreldbeker

Home Uncategorized Junior mans krieketspan begin opwarm vir 0-19 Wêreldbeker
Junior mans krieketspan begin opwarm vir 0-19 Wêreldbeker


Junior mans krieketspan begin opwarm vir 0-19 Wêreldbeker

Krieket Namibië se junior manspan is in Suid-Afrika om aan die IKR Onder-19 Wêreldbeker-toernooi deel te neem. Die Walvis Bay Salt Eagles, onder kaptein Alexander Volschenk en hoofafrigter Oscar Nauhaus, speel môre en oormôre nie-amptelike opwarmingswedstryde in Pretoria teen Skotland en Nepal. Dit word gevolg deur twee amptelike eendagwedstryde teen die VSA en Ierland op 13 en 16 Januarie. Namibië se Wêreldbeker Groep C-wedstryde word op 22, 24 en 27 Januarie in Kimberley teen Australië, Sri Lanka en Zimbabwe gespeel. Kosmos 94.1 Sportnuus het met Krieket Namibië se hoof uitvoerende beampte, Johan Muller, gesels oor hoe die span vaar.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.