Kaapse fietstoer, feeste lok duisende
Die Stad Kaapstad sê met die Kaapstadse Fietstoer, die Oopboekfees se jeugfees, die Kaapstadse Karnival en die Kaapstadse Branderplankbyeenkoms, wag ‘n besige maand van feestelikhede op die Moederstad. Die metro se Geleenthede-permitkantoor verwag om permitte uit te reik vir meer as 60 geleenthede. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê die wêreld se grootste tyd-bepaalde fietstoer word volgende Sondag om die Moederstad gehou, met meer as 30-duisend fietsryers wat roetes rondom die Skiereiland pak.
Leave a Reply