Kaapse nooddienste onder erge druk, tekort aan personeel
Die Wes-Kaapse hoof van Noodmedisyne by Metro-nooddienste en Noodgeneeskunde, Wayne Smith, sê sommige hospitale in die provinsie het minder noodwerkers ná die storms oor die langnaweek. Talle gesondheidsorgwerkers sukkel om toegang tot hospitale te kry weens padsluitings en skade. Smith sê baie van die gesondheidsorgwerkers werk tans by ander geriewe om te verseker kritieke dienste word in stand gehou. Hy sê die ontwrigtings het sekere landelike hospitale gedwing om tydelik te sluit weens die skade aan padinfrastruktuur:
Leave a Reply