Kaapse premier vra vir kalmte tydens onderhandelings
Premier Alan Winde is tydens ‘n vergadering van die Wes-Kaapse kabinet op die hoogte gebring van die voortslepende staking deur minibus-taxibestuurders. Winde sê sedert die begin van die staking Donderdag het dit steeds ‘n beduidende uitwerking op die verskaffing van noodsaaklike dienste, insluitende gesondheidsorg en onderwys in die Stad Kaapstad. Winde het ook bevestig die Provinsiale Rampbestuursentrum gaan voort om die uitwerking van die staking te versag.
Leave a Reply