Netbal: Kaapstad hys 16 vlae om spanne te verwelkom
Netbal: Die Kaapse metro het 16 vlae gehys om die 16 lande te verwelkom wat aan die Netbal-wêreldbekertoernooi gaan deelneem. Die toernooi begin Vrydag by die Kaapstad Internasionale konvensiesentrum. Dit is die eerste keer in 72 jaar wat ‘n Afrika-land as gasheer vir die toernooi optree. Die burgemeesters-komiteelid vir veiligheid en sekuriteit, JP Smith sê drie jaar se voorbereidings en beplanning is gedoen om die geleentheid ‘n onvergeetlike ervaring te maak.
Leave a Reply