Kaapstad kyk na ontsouting vir ekstra drinkwater
Die Stad Kaapstad beplan om ontsouting in te stel as deel van sy nuwe waterprogram, wat die drinkwatervoorraad sal versterk. Die stad is tans besig met ‘n lewensvatbaarheidstudie vir die eerste permanente ontsoutingsaanleg op Paardeneiland. Dit sal tussen 50- en 70-miljoen liter water per dag lewer. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê die stad beoog om sy daaglikse watervoorraad met 300-miljoen liter te verhoog teen 2030 en 43-miljard Suid-Afrikaanse rand te belê oor die volgende drie jaar.