Kaapstad maak aansienlike vordering met haweloses
Die Stad Kaapstad se Straatbewonerprogrameenheid het in die tydperk van 12 maande tot verlede maand geskakel met meer as 51 000 mense wat op straat woon. Deur die interaksie is byna 3 500 mense in skuilings geplaas of na ‘n verskeidenheid maatskaplike dienste verwys. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê 882 mense het ook korttermyn kontrak-werksgeleenthede gekry deur middel van die Uitgebreide Openbare Werke-program:
Leave a Reply