Taxigeweld: Kaapstad sal nie onderhandel met geweer teen kop nie
Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê tensy die geweld stop, kan daar geen verdere onderhandeling met die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad in die die Wes-Kaap wees nie. ‘n Dooiepunt tussen Santaco en die stad het daartoe gelei dat alle minibustaxidienste reeds Donderdag gestaak is. Dit het twee mense se dood veroorsaak, paaie is versper en wydverspreide voorvalle het voorgekom waar busse en die stad se hulpbronne aan die brand gesteek is. Meer as 100 mense is in hegtenis geneem. Hill-Lewis sê hulle gaan nie onderhandel terwyl daar letterlik ‘n geweer teen hulle kop is nie:
Leave a Reply