Kaapstad stuur digitale toerismeveldtog in Brasilië van stapel
Die Stad Kaapstad het sy planne aangekondig om ‘n reuse- digitale toerismeveldtog in Brasilië van stapel te stuur. Die doel daarvan is om momentum op te bou voor die bekendstelling van die eerste regstreekse vlug tussen Kaapstad en São Paulo op 31 Oktober. Die burgemeesters-komiteelid vir ekonomiese groei, James Vos, sê die veldtog se bekendstelling in Brasilië volg op sy enorme sukses in die Amerikaanse mark.
Leave a Reply