Kaapstadse miljoenêr-bevolking ‘gaan hoogte inskiet’
Henley and Partners se Brics-welvaartverslag voorspel ‘n toename van 85-persent in miljoenêrs wat binne die volgende dekade na Kaapstad sal stroom. Ongeveer 13-duisend-500 miljoenêrs woon reeds vanaf 2023 in die stad en eienskappe soos natuurlike skoonheid, openbare geriewe, ekonomiese vooruitgang en oplossings vir beurtkrag dra tot hierdie groei by. Die verslag verwag ook ‘n toename van 60-persent in welvaart per capita teen 2033, wat ‘n aanduiding is van belowende ekonomiese uitbreiding in Suid-Afrika. Kaapstad is ook bekend vir aansienlike semigrasie, aangesien individue met ‘n hoë netto waarde van Johannesburg en Pretoria daarheen verhuis.
Leave a Reply