Kabeldiewe lê hospitaal lam
Die Oos-Kaap se Departement van Gesondheid sê hy is bekommerd oor voortdurende aanvalle en misdadige elemente wat gesondheidsgeriewe in die provinsie teiken. In die jongste voorval moes die Dora Nginza-hospitaal in Gqeberha noodkrag inspan vir operasies nadat die hospitaal se kragkabels gesteel is. Die woordvoerder van die departement, Sizwe Kupelo, sê die gemeenskappe ly daaronder wanneer gesondheidsgeriewe gevandaliseer word of gesondheidswerkers beroof word.
Leave a Reply