Kabinet gryp in by Meatco
Die feit dat beesprodusente reeds lank wag om deur Meatco betaal te word, is steeds in die nuus. Die openbare ondernemings-ministerie sê hy is daartoe verbind om Meatco te ondersteun om sy finansiële probleme te oorkom en te verseker dat alle uitstaande bedrae aan beesprodusente vereffen word. Die kabinet het strategieë goedgekeur om die liggaam te stabiliseer, waarvan een is om ‘n tussentydse direksie aan te stel. ‘n Operasionele omkeerstrategie is in ‘n gevorderde stadium van ontwikkeling en sal na verwagting voor die einde van die jaar afgehandel wees. Die tussentydse raad het reeds uitgebreide gesprekke met alle belanghebbendes gehad, insluitend alle boere-unies.
Leave a Reply