Kameelperd-bolla vir juwele? Dit was toe nee…
Federale doeane-beamptes in Minneapolis in die Amerikaanse deelstaat Minnesota, was geskok toe kameelperdmis in ‘n Iowa-vrou se bagasie gevind het. Die vrou het die klein boksie na ‘n vakansie in Kenia saam met haar teruggebring en is gedwing om dit verklaar toe sy uitgewys is vir ‘n bagasie-ondersoek. Beamptes het 15 keutels gevind en die vrou het gesê dat sy hulle wou gebruik om ‘n halssnoer te maak, nes die een wat sy van ‘n Amerikaanse ‘moose’ het.
Leave a Reply