Kandjeke bevind ongerymdhede met 8 werke-personeellede – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Kandjeke bevind ongerymdhede met 8 werke-personeellede – Kosmos 94.1
Kandjeke bevind ongerymdhede met 8 werke-personeellede – Kosmos 94.1



Kandjeke bevind ongerymdhede met 8 werke-personeellede

Die ouditeur-generaal Junias Kandjkeke sê daar is afwykings in die departement van werke in die ministerie van werke en vervoer ter waarde van 273 737 Namibiese dollar waarby agt personeellede gedurende die 2021/2022 finansiële jaar betrokke was. Sy verslag dui ook aan dat ‘n verskil van 68 647 dollar gevind is tussen die hoofskuld wat deur die rekenpligtige beampte aangemeld is en die dokumente wat vir ouditdoeleindes vir agt personeellede ingedien is. Hy sê dat agt personeellede met ‘n totale skuldsaldo van 189 205 dollar aan die einde van April 2021 aangemeld is, maar die oudit het bevind dat daar geen verhaal van hierdie skuld gedurende die finansiële jaar was nie. Intussen het die verslag ook bevind die departement ‘n gekwalifiseerde ouditmening ontvang, en daarop gewys dat ‘n totale begroting vir die departement van werke onderbestee is met ‘n bedrag van net meer as 20,3 miljoen dollar wat 3,5 persent verteenwoordig. Kandjeke sê die fondse kon vir ander projekte aangewend gewees het. Daar was ook ongemagtigde uitgawes van agt onderafdelings vir ‘n totale bedrag van 633 080 dollar gedurende die tydperk onder oorsig. 



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.