Kanker: Daar’s 5 000 gevalle jaarliks en dis meeste Namibiese vroue

Home Uncategorized Kanker: Daar’s 5 000 gevalle jaarliks en dis meeste Namibiese vroue
Kanker: Daar’s 5 000 gevalle jaarliks en dis meeste Namibiese vroue


Kanker: Daar’s 5 000 gevalle jaarliks en dis meeste Namibiese vroue

Die Internasionale Agentskap vir Navorsing oor Kanker het hierdie week die jongste data op sy interaktiewe webgebaseerde platform vrygestel wat wêreldwye kankerstatistieke aanbied. Die Namibië Nasionale Kankerregister, wat sedert 1995 deur die Kankervereniging van Namibië befonds en bestuur word, werk saam met hierdie internasionale program om kwaliteitdata oor kankervoorkoms in Namibië te verseker. Volgens die data meld Namibië nou gemiddeld meer as 5 000 gevalle per jaar aan. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rolf Hansen, uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië, wat sê vroue word die meeste deur kanker geraak.

Hansen voeg by dat die land kwaliteit kankersorg nodig het vir staats- en finansieel kwesbare pasiënte in die Noorde en aan die kus, waar die mees-bevolkte en derde mees bevolkte gemeenskappe woon. 



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.