Kansas City Chiefs klop San Francisco 49ers in Super Bowl
Amerikaanse voetbal: Die Kansas City Chiefs het die San Francisco 49ers in ekstra tyd met 25-22 in Las Vegas geklop om die Super Bowl ‘n tweede jaar agtereenvolgens te wen, en vir die derde keer in vyf jaar. Patrick Mahomes se aangee na Mecole Hardman in ekstra tyd om die bal te gaan plaas, het die sege vir die Chiefs verseker om die eerste span in 20 jaar te word wat die trofee twee jaar na mekaar wen. Mahomes – die speler van die seisoen – sê dit was sy beste lopie ooit vir ‘n sege in die Super Bowl.
Leave a Reply