Karas-kragonderbreking raak grensposte
Die dorpe Ariamsvlei, Noordoewer en omliggende gebiede in die Karas-streek ondervind sedert omtrent 5-uur Sondag ‘n kragonderbreking. Dit het volgens berigte veral die Ariamsvlei-grenspos erg ontwrig, weens ‘n transformator wat ingespan is wat gebreek het. Dis nog nie bekend wat die situasie by die Noordoewer-grenspos is nie. Volgens NamPower is die onderbreking veroorsaak deur ‘n elektriese fout op ‘n transformator by die Harib substasie. Tegniese personeel is vanaf Windhoek op pad met ‘n vervangings-transformator. Daar word verwag dat elektrisiteit-toevoer teen Woensdag herstel sal wees. Die publiek word gemaan om alle kraglyne en elektriese punte as “lewendig” te hanteer totdat die krag weer aan is.
Leave a Reply