Karting-kampioenskap kweek wenners
Die afgelope naweek het die Windhoek Motorklub en Tony Rust-renbaan die laaste been van die Namibië Motorsport Federasie – Nasionale Karting-kampioenskap aangebied. Vir vele het hierdie laaste wedren waardevolle punte ingehou om top-eerbewyse in die verskillende klasse te beklink en vir ander was dit ‘n eerste keer op die baan. Met byna 40 inskrywings, was verskeie spanne en individue se kampe ‘n miernes van bedrywighede met opstellings en bandeveranderings, wat seker gemaak het dat die onderstel aan die teerpad kleef vir die beste rondtetye. Francois Lottering van Motor Media Namibia het met Kosmos 94.1 Sportnuus gesels.
Leave a Reply