Kavango-streke is ‘spesiale geval’, hoor regering

Home Uncategorized Kavango-streke is ‘spesiale geval’, hoor regering
Kavango-streke is ‘spesiale geval’, hoor regering

Kavango-streke is ‘spesiale geval’, hoor regering

‘n Raadslid van die Rundu-kiesafdeling, Paulus Mbangu, doen ‘n beroep op die regering om die twee Kavango-streke as ‘n spesiale geval te hanteer. Hy sê inkomste-uitgawe opnames en data deur die VN se Ontwikkelingsprogram dui al jare aan dat die twee streke die armste in die land is. Tog het nie die kabinet of die regering op geen stadium hierdie data gebruik om die armoede aan te spreek nie. Mbangu het gepraat by ‘n vergadering van die Kavango-Oos streekleierskap met energie-minister Tom Alweendo, oor landelike elektrifisering. Mbangu sê ook elektrisiteit is ‘n katalisator vir ontwikkeling, maar gemeenskappe is steeds in duisternis terwyl skole geëlektrifiseer is. Hy doen dus ‘n beroep op die ministerie om dorpe te begin elektrifiseer en om die Kavango-streke as ‘n spesiale geval te behandel soos deur die wetenskaplike data ingelig.

source

Leave a Reply

Your email address will not be published.