Kawana bekommerd oor veediefstal in Kavango-Wes
Die minister van veiligheid, dr. Albert Kawana, het vandag die Namasira-polisieaanklagkantoor in die Kavango-Wes-streek amptelik oorhandig. Kawana sê die aanklagkantoor bestaan sedert 2020 en verskaf polisiedienste aan die gemeenskap en besoekers. Die terrein is op 26 Mei aan die kontrakteur oorhandig en op 14 Julie voltooi teen ‘n koste van 1 miljoen Namibiese dollar. Die minister het bygevoeg dat hy bekommerd is oor die hoë vlaag van veediefstal in die gebied is. Hy het ‘n beroep op inspekteur-generaal Joseph Shikongo gedoen om meer polisiebeamptes by die aanklagkantoor te plaas wat in staat is om toenemende voorvalle van veediefstal te ondersoek te plaas.
Leave a Reply