Kenia gaan nasionale databasis vir wild skep
Die Keniaanse regering het die ekwivalent van 2,9 miljoen Namibiese dollar bewillig vir die skep van ‘n geïntegreerde nasionale databasis vir wild. Die direkteur van die Instituut van Wildnavorsing en Opleiding, Patrick Omondi, sê die databasis poog om die afname van wildspesies regoor die land om te keer. Omondi het by die eerste Scientific Wildlife-konferensie in Naivasha gesê wetenskaplike navorsing sal op een databasis gehou word om inligting vir parke en reservate te ontleed en te verwerk. Dit sal kaarte, data en grafieke insluit om inligting oor spesies in verskillende habitatte oor te dra.
Leave a Reply