Kenner sê Baynes is reuse-skuld vir reuse-risiko
Die Baynes Hidroëlektriese-projek, wat vir beide Namibië en Angola sal krag genereer, begin tekens van lewe toon. Die kabinet het in sy jongste besluite die ontwikkeling asook steun daarvoor goedgekeur en lynminister Tom Alweendo opdrag gegee om die ooreenkoms met Angola te onderteken. Die dam lê 200km stroomaf van Ruacana langs die Kunene-rivier. Die projek sal sowat 22 miljard Namibiese dollar kos. Dit sal ‘n meer van 57 vierkante kilometer met 2,65 miljard kubieke meter water tot stand bring wat 880 megawatt krag kan opwek. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike energiekenner Harald Schütt gesels, wat vrees daar gaan nie genoeg water, en dus elektrisiteit vir Namibië wees nie, teen reusagtige skuld.
Schütt voeg by dat elektrisiteitstariewe hoog sal bly om hierdie en ander mega-projekte te befonds, ten spyte van goedkoper elektrisiteit.