Kenner sê oor sprinkane, rig waarskuwing uit
Die landbouministerie het verlede week gewaarsku dat sprinkane hulle opwagting in die Zambezi- en Ohangwena-streke gemaak het en reeds mielielande vernietig het. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Gerhard Verdoorn, ‘n Suid-Afrikaanse kenner op die gebied van sprinkane, gesels wat sê dit is baie kommerwekkend en boere moet hard met die regering saamwerk om ‘n katastrofe te vermy.
Leave a Reply