Kernkrag-aanleg vir Namibië beplan
Rosatom, Rusland se kernreus, is teenwoordig in Namibië deur sy Uranium One-filiaal wat uraan in die Stampriet-bekken wil ontgin. Rosatom het vroeër die week gesê hy oorweeg dit om ‘n kernkrag-aanleg in Namibië op te rig. Namibië het een van die rykste uraan-mineraalreserwes ter wêreld. Chris Yelland, ‘n energie-ontleder, gesels oor of ‘n kernkragsentrale ‘n goeie idee vir Namibië is.
Leave a Reply