Koalisie-politiek loop nie altyd glad

Home Uncategorized Koalisie-politiek loop nie altyd glad
Koalisie-politiek loop nie altyd glad

Koalisie-politiek loop nie altyd glad

Die Gobabis-munisipaliteit se bestuurskomitee is tans sonder ’n voorsitter weens interne konflikte binne die koalisie wat deur die opposisiepartye gevorm is. Ná twee onsuksesvolle pogings om ’n voorsitter te kies is die pos steeds vakant, weens sommige koalisievennote wat nie by hul getekende ooreenkomste gehou het nie. Dieselfde het tydens die onlangse burgemeestersverkiesing in Swakopmund gebeur, wat gelei het tot ongelukkigheid onder sommige koalisievennote. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met professor Nixon Kariithi, ‘n kenner van Afrika-aangeleenthede en mediastudies, wat probleme rondom koalisie-politiek uitlig.

source

Leave a Reply

Your email address will not be published.