Kohli stamp Konstas met skouer, kry boete
Krieket: Virat Kohli se gedrag Donderdag tydens die tweede Kersdag-toets in Melbourne is gekritiseer nadat hy die tienerdebutant Sam Konstas met die skouer gestamp het. Die Indiese veteraan het die 19-jarige nuweling taamlik hard getref, nadat Konstas die boulers op die Melbourne-krieketveld laat sukkel het op pad na ‘n blitsige 60 van 65 balle. Die Internasionale Krieketraad het Kohli met 20-persent van sy wedstrydgeld beboet en een strafpunt toegeken vir ‘n oortreding van die IKR-gedragskode. Die voormalige Indiese afrigter, Ravi Shastri, het Kohli se optrede as “absoluut onnodig” beskryf.