Kom beleef ‘n kykie na straatkinders se lewe
Die publiek word uitgenooi na die rooitapyt-opening op 1 Februarie van die Ombetja Yehinga Organisasie, of OYO, se nuutste film, Lukas A Child in the Streets of Windhoek. Die film is fiksie maar is gewortel in die werklike lewe. Dit spruit uit onderhoude met 17 kinders en jongmense wat tans op straat woon, asook vier jongmense wat regskwessies weens hul straatlewe teëgekom het. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van OYO, dr. Phillipe Talavera, gepraat wat meer vertel.
Leave a Reply