Kom hou ‘n fees van kuns!
Die Otjomuise Live Arts Festival is terug en gaan vanjaar anders lyk! Die Nasionale Teater van Namibië bied die OLAF 2023 Spesiale Uitgawe aan, met die doel om nuut oor openbare kunste in en om Windhoek te dink. Gemeenskap intervensies gaan ook onder die tema “Kuns is Gesondheid” begin word om die waarde van openbare kuns uit te lig. Die Internasionale Dag van die Kunstenaar word op die 25ste Oktober om half-sewe die aand by die Telecom Binnehof in Windhoek herdenk. Desiree Mentor, skakelbeampte by die Nasionale Teater van Namibië, praat met Kosmos 94.1 Nuus.
Leave a Reply