Kommer oor Midde-Ooste na Hamasleier in Beiroet gedood word
Senior Hamas-leier Saleh al-Arouri is dood in ‘n hommeltuigaanval in die suide van Beiroet, Libanon. Israel het nie amptelik verantwoordelikheid aanvaar nie maar, sê hy is dood in ‘n geteikende aanval. Al-Arouri was die skakel tussen Hamas en Hezbollah, sowel as Iran. Daar is groot kommer onder ontleders dat die konflik kan uitbrei. Hezbollah en Hamas blameer Israel vir die aanval waarin ses mense dood is, en Hezbollah sê dit sal nie sonder straf verbygaan nie.
Leave a Reply