Kommer oor stygende geslagsgeweld in SA
Die Suid-Afrikaanse onderwys-aktivis Hendrick Makaneta sê geslagsgeweld is steeds aan die toeneem ondanks massiewe veldtogte van die regering en burgerlike samelewings-organisasies. Hy voeg by daar is geen twyfel die regering kan nie die stryd alleen wen nie. Makaneta sê Suid-Afrika moet ‘n sterk burgerlike gemeenskap bou waar gemeenskapslede aktief aan die stryd teen kindermishandeling en geweld teen vroue kan deelneem.
Leave a Reply