Kommer oor welstand van leerders met môre se uitslae
Die onderwysministerie het aangekondig dat die Nasionale Senior Sekondêre Sertifikaat Gewone Vlak en Gevorderde Vlak eksamenuitslae Woensdag bekend gemaak sal word. Dit is ’n normale verskynsel dat leerlinge druk en stres ervaar oor hul uitslae in die eindeksamens. Sommige leerlinge het al selfmoord gepleeg weens swak resultate en angs oor wat die toekoms inhou. Kosmos 94.1 Nuus het met pastoor Cas Bekker van die Agape Ministries in Windhoek gesels oor hoe ouers hul kinders kan voorberei vir onverwagte resultate en hoe om teleurstellings te hanteer.
Leave a Reply